VRAE EN ANTWOORDE: Wat is Asetrou / Heidenisme in elk geval?


Wat is Asetrou / Heidenisme in elk geval?  Is ‘n Heiden nie ‘n goddelose barbaar nie?

Heiden, beteken nie “goddeloos” soos was ons ou onderwysers altyd vir ons geleer het nie, en is afkomstig van die ou Engelse term hæðen – beteken “’n nie-Christelike/Joodse mens”. Histories was die term beïnvloed deur die Gotiese haiþi; “wonend op heinde en verre”. Dit word ook voorgestel dat die Gotiese haiþi nie total verwant is aan “heide” nie, maar eerder ‘n leenwoord is van die Armeense hethanos, self afkomstig uit die Griekse; ἔθνος (ethnos). Ongelukkig is die betekenis so verdraai en oorgedra om oor die algemeen ge-interpriteer te word as ‘n “goddelose barbaar”.

Asatru (letterlik “geloof in die gode”) of te wel; Asetrou is ‘n moderne herlewing van die geloof wat die Germaanse stamme van Noord-en Sentraal-Europa beoefen het. Die geloofstelsel wat hul beoefen het voordat hulle gedwonge tot die Christendom bekeer het.

Ons gebruik die woord “heiden” met die doel om ons te onderskei van meer hoofstroom “pagans” wat op die New Age trein gespring het. As heidene fokus ons meer op die historiese werklikheid as op ‘n moderne fantasie waaraan ander “pagan” gelowe vasklou. Die terme, Asatru / Odinisme/ Wotanisme / Forn Sidh / Germanische Heidentum – is almal intrinsiek verskillend, maar vir die doel van hierdie berug, deel hul genoeg ooreenkomste met mekaar om saam onder een dekmantel bespreek te word.

Die Wilde Jag

Wat bedoel jy met “Germaans”? Is Thor, Odin, Freiya endiesmeer tog nie Wiking-gode nie?

“Germaans” is die kollektiewe term vir die vele etniese groepe wat tans in Noord-Europa woon of gewoon het. Dit het niks te doen met rasseverdeling nie, maar verwys na die gedeelde kultuur en tale van hierdie diwerse sosiale groepering. Hierdie groepering sluit nie net Skandinawiërs en Duitsers in nie, maar ook die Switserse, Frieslanders, Engelse, Hollanders en verskeie ander etniese groepe wat eerder uitgesterf het of oor die eeue heen saamgesmelt het, soos die Afrikaner/Boer. Die meerderheid van hierdie groepe het in dieselfde gode geglo as wat ons vandag erken as die “Noorse / Wiking” panteon – dit is maklik om dus so deurmekaar te raak. Die hoofrede hoekom hul as Noors aanskou word is omdat meeste van die oorlewende mites en folkverhale vanaf die Middeleeue deur Skandinawiërs en ander Noorse kulture tot pen gesit is en dus so oorleef het.

Sonwiel and Mjollnir

Is Asetrou / Heidenisme verbind of soortgelyk tot enige ander geloof?

Nee. Ten minstens nie in die sin van ander godsdienste se gode of erfenis “leen” soos baie ander “New-Age” geloof-stelsels gedoen het nie.

Asetrou is onafhanklik en het basiese oortuigings in gemeen met vele ander gelowe, en heidene self het baie in gemeen met ander godsdienstige mense, maar Asetrou is NIE ‘n vertakking van enige ander geloofstelsel nie. Heidene is ook glad nie “duiwel aanbidders” nie – soos wat meeste nie-Christene in Suid Afrika geklassifiseer word deur die oorheersende kerrade nie. Ons kan nie duiwel-aanbidders wees nie, aangesien ons nie eers glo dat ‘n duiwel bestaan nie, en is ook glad nie deel van New Age of okkultiese bewegings soos Wicca of Thelema nie – wat nog minder met satanisme te doen het. Asetrou behels ook voorvaderaanbidding, in ander woorde, ons glo dat ons voorsate na ons omsien en dat ons eendag wanneer ons sterf – ons nasate se voorsate word en ook na hulle sal omsien.

‘n Runensteen

Hoe verskil Asetrou van ander meer hoofstroom godsdienste, soos Christenskap?  Ons hoor dikwels dat Jesus vir ons sondes gesterf het, so sal jul siele dan nog gered moet word?

Asetrou is in teenstelling met die meer bekende godsdienste onder Afrikaners op baie maniere.

Die belangrikste verskille is soos volg;

1) Ons is politeïsties. Dit is, ons glo in ‘n aantal gode, insluitend ‘n verskeidenheid godinne. Ons glo ook in die mag van die lands- en die watergeeste en die mag van ons voorouers. Daar is geen enkele gode, heilige driemaatskappe, profete, heilige tekste of martelare nie.

2) Ons aanvaar nie die idee van “oorspronklike sonde” nie. Die absurde idee dat ons besmet is met sonde van geboorte af en dus intrinsiek “sleg” gebore is, is laf – dus, het ons nie nodig om gered te word nie – soos Christene dit verstaan. Omdat Christene so vas glo daarin, gee dit hul geen reg om hul geloof en wat hul glo op ons te vorseer nie.

3) Die hele idée dat Jesus ‘n universele slagoffer was vir die sondes van die mensdom is histories ‘n teologiese konstruksie van Paulus, wanneer Paulus se werke van ‘n kritiese standpunt aanskou word, kan in sy vele skrifte gesien word dat hy nooit aangedui het dat hy diepe kennis van Jesus se lewe en lesse gehad het nie, so hoekom is ons dan onderhewig aan sulke dogma waarin ons nie glo nie? Omdat Christene so vas glo daarin, gee dit hul geen reg om hul geloof en wat hul glo op ons te vorseer nie. Ons glo wel dat ‘n persoon alleen groot of goed is deur die werke en dade wat hul doen vir hul mense, hul kennisse en hul familie.

4) Daar is geen veroordeling in die lewe hiernamaals op ‘n figuurlike skaal van wit-en-swart soos wat gevind kan word in die antieke Egiptiese en Abrahamistiese (Judeo-Christelike) gelowe nie en daar is meer destinasies in die hiernamaals as in die Christenskap.

5) Ons maak nie daarop aanspraak om ‘n universele godsdiens wat vir alle mense, volke en nasies oop is, te hê nie. Inderdaad, ons glo dat daar nie in werklikheid ooit so ding prakties moontlik sal wees nie. Ons glo wel dat elke kultuur moet in teorie hul voorvaderlike godsdiens beoefen – en Asetrou is ons s’n.

Die verskillende takke van die mensdom het nog altyd verskillende maniere en benaderings gehad van kyk na die wêreld, elke volk moet dus toegelaat word om hul voorvaders se geloof te beoefen en so in vrede aan te leef.

In Suid-Afrika, veral in die Christelike gemeenskap, is dit gewoonlik geglo dat as jy nie Christen is nie, dan moet jy sekerlik ‘n satanis wees, veral as jy en jou geloof as heidens / pagaans geïnterpreteer kan word.  Wat sê jy daarvan?

Laat ek begin deur te sê dat as Christene glo dat hul godsdiens reg is vir hulle, dan moet hul voorthou daarmee. Hul moet wel twee keer dink voordat hulle Satanisme met Asetrou verkeerdelik vergelyk. Omdat Christene so vas glo daarin, gee dit hul geen reg om hul geloof en wat hul glo op ons te vorseer nie.

Hier stel ek die verskille voor, nie om teenstrydig te wees teenoor Christene nie maar deur om analities te wees sodat hierdie onkunde openbaar kan word.

Asetrou of enige ander nie-Christelike geloof wat as heidens/ pagans geïdentifiseer kan word in ‘n breë sin word gewoonlik deur georganiseerde Christenskap identifiseer as Satanisme – hoofsaaklik deur xenofobiese predikante en leraars, en is ‘n voortsetting van foutiewe Christelike dogma wat slegs teengewerk kan word deur die opheffing van die voorhangsel van vrome onkunde.

Asetrou, definieer dit self nie deur die totale teenstand van ‘n ander godsdiens se God, nl. soos Satanisme nie. Satanisme is basies anti-Christendom – heidenskap is niks van die aard nie. Daar is baie webtuistes, wat veral deur die ywerig en ignorant geskep is, wat Asetrou beskryf as ‘n soort Satanisme. Laat ek jou vertel hoekom dit maar ‘n opgemaakte storietjie is;

1)Daar is meer as een form van Satnaisme, en daar is self baie verskille tussen hierdie tiepes – wat dit mooilik maak om hulle almal met mekaar te vereenselwig.

2) Die Satan-figuur soos uitgebeeld in die bybel, bestaan nie in die Germaanse heidense godsdiens nie.

3) Om werklik te glo in die bestaan van die Satan-figuur, vereis dit geloof in die bestaan van die Hebreeuse God Yahweh – wie Lucifer in die eerste plek geskep het, sowel as Yahweh se beweerde Seun, Jesus en die Heilige Gees. Heidenne glo nie noodsaaklik in die bestaan van hierdie figure nie, en as ons doen; dan sekerlik nie as ‘n mag groter as ons gode en magte nie.

4) ‘n Mens kan nie ernstig sonder geweldige onkunde beweer om beide ‘n Satanis sowel as Asetrou of heiden te wees nie. Die twee geloofstelsels is wedersyds eksklusief en het niks in werklikheid met mekaar te doen nie. Satan is eenvoudiglik ‘n Christelike skepping vir die Christelike etos en wêreldbeskouing en as ware heidene glo ons nie dat hul bestaan nie en as hul wel bestaan, dan het hul geen mag oor ons nie.

Let wel, dit beteken nie dat ons so onverdraagsaam teenoor Christene is of sal wees soos wat Christene teenoor ander nie-Christelike gelowe is nie – veral teenoor pagane / heidene.

5) Sommige sataniste dink verkeerdelik dat die definisie van “heiden” eksklusief “opposisie teen Christenskap” beteken, onbewus daarvan dat Asetrou (en ander heidense godsdienste) hulself volgens hul eie riglyne definieer en hul eie inheemse kosmologie en wêreldbeskouing besit wat lank voor die uitvinding en verspreiding van Christendom en die satan/duiwel figuur bestaan het.

6) Eerder as om die absolute swart-en-wit of saam-met-my/teen-my dogma van Christenskap te volg, het die heidense Germaanse volke oorspronklik hul wêreld verdeel tussen dit wat “reg” is nl. geregtigheid en korrektheid wat ‘n gemeenskap aan die lewe hou en verster, en dit wat “verkeerd” is nl. die onreg, onjuistheid of enigiets wat die verbreking van die bande van die regverdigheid en die wet waarop daardie gemeenskap gestig is, onderbreek. Hierdie sisteem van reg-en-verkeerd het lank in Europa bestaan voor die aanwend van die Chrstendom en is een van die voorste bydraes tot die Westerse beskawing as ‘n geheel, veral as jy dit sien as die hoof hindernis teen ons beskawing se verval tot totalitarisme: dit is die diepgewortelde oortuiging dat niemand bo die wet is nie, geen private mense of regering het die reg om buite die grense van die regstelsel te tree nie, ongeag hul doel en eindpunt.

Selfs konings of stamleiers kan en was voor die howe gebring as daar rede bestaan het daarvoor – ongeag of hul deur ‘n enkele of baie gode, of selfs deur hul gemeenskap daar geplaas is nie. Die Reg sou gedoen word.

7) Heidendom is politeïstiese geloof, wat beteken dat ons glo in baie gode en godinne – nie in ‘n enkel-of drievoudige god wat ‘n haakse en byna gelyke teenstander het nie. Heidense gode, geeste en voorvaders word nie net aanbid as hemelse gode nie, maar ook as aardse gode wat onvolmaak is – net soos ons, wat in totale teenstelling is met die absolute perfeksie of onvolmaaktheid van Christendom / Satanisme.

In skerp kontras, Anton LaVey (die vader van een van die vele vertakkings van moderne Satanisme) het beweer dat Satanisme eintlik ateïsties (geloof in GEEN god) is, en dat al die gode/godinne van alle pantheons maar niks meer was as “aspekte” van die “self”, en dat dit letterlik alles alleenlik in die aanbidder se gedagtes en verbeelding bestaan.

9) Albei is baie verskillende geloofstelsels en om Heidenne en Sataniste tot mekaar te vergelyk, ongeag of dit “tradisionele” of “New Age” LaVey Satanisme is, is nie net ‘n wilde leuen en ‘n totale bogstorie nie, maar ook ‘n ernstige belediging tot ons, ons gode, godinne, voorvaders en heidene wêreldwyd.

Wat van Wicca, is Asetrou nie dieselfde of soortgelyk daaraan nie?

Laat ek begin deur te sê dat as Wiccans glo dat hul godsdiens reg is vir hulle, dan moet hul voorthou daarmee. Hul moet wel twee keer dink voordat hulle Wicca met Asetrou verkeerdelik vergelyk. Hier stel ek die verskille voor, nie om teenstrydig te wees teenoor Wiccans nie maar deur om analities te wees sodat daar nie verdere misverstand sal wees nie.

(Die vinnige antwoord;

1) Asetrou “leen” niks van ander gelowe af nie.

2) Asetrou is nie ‘n mengelmoes van ou okkultiese skryfwerk vanuit die middeleeue wat deur gnostiese Christene geskryf is en van ander geloofstelsels en romantiese fiksie geleen is nie.

3) Towerkragte bestaan wel, maar dis nie moontlik dat almal dit kan of moet beoefen nie.

3) Asetrou is volledig politeïsties en nie pseudo-politeïsties nie.

4) Asetrou is heeltemaal oop tot nuwe interpretasies van akademiese tekste oor die oer-gelowe van Europa en werk nie op ‘n geslote kennisstelsel nie.

5) Sekulêre kennis en akademiese onderrig is van die uiterste belang en moet deur elke ernstige heiden ondersoek word.)

Deur om dit te sê gaan ek feite openbaar wat nie wel mooi gaan sit saam met hul idees van hul geloof nie en wat tien-teen-een moeilikheid gaan veroorsaak – maar die waarheid moet uit. Daar is ooreenkomste tuusen heidenisme en Wicca, net soos daar is tussen heidenisme an ander gelowe – net so is daar ook groot verskille.

Een van die belangrikste verskille tussen heidenisme en Wicca lê in die twee voorsittende goddelike figure van Wicca, die godin en die god. Van die begin af het Wiccans erken dat oor die wye spektrum van die antieke wêreld was ‘n groot aantal gode van beide geslagte aanbid. Hulle het ‘n gevarieerde keuse vir die gebruik van dié twee figure in hul rituele opgeneem, maar het dit duidelik gemaak dat dit ander gode van ander gelowe maar net verskillende aspekte was van die enkele groot egpaar.

Dit is ‘n visie wat baie vêr verwyder is van faktuele politeïsme vanuit die Antieke en Vroeë Middeleuse tye – en is dus in ‘n groot mate soos heidenisme nie, aangesien ons die menigde gode herken as individuele magte. Dié duotheïsme van Wicca kan gesien word as ‘n algemene kenmerk van hul geloof wat deur twee van hul mees produktiewe skrywers opgesom word as “die kreatiewe polariteit van komplementêre teenoorgesteldes” nl. Te sien in aspekte van manlik/vroulik, lig/donker, en intelligensie/intuïsie endiesmeer.

Hierdie dualisme is nie gewortel in die Europese oudheid nie en as dit wel afkomstig was vanaf ‘n ou tradisie, dan stam dit eintlik vanaf antieke Midde-Oosterse tradisies soos Zoroastrisme, Manichaeanisme en die Christenskap. Ander verskille is dat daar geen historiese-bekende geloofstelsel soos Wicca bestaan het in die antieke wêreld nie en is dus ‘n moderne konstruksie. Asetroues / Heidene gebruik direkte akedemiese tekste wat van millennia oue volksgeloof en heldeverhale afkomstig is waarvan daar sekulêre bewyse bestaan – die mees prominent van hierdie tekste is die Poëtiese en Prosa Edda, die Noorse Sagas sowel as die fondse van antieke Moslem skrifgeleerdes sowel as die nagelatenis van Romeinse skrywers soos Tacitus, Julius Ceaser ens.

Daar was ook geen bewyse vir ‘n voor-Christelike Europese godsdiens wat al agt van die feeste wat in die Wicca kalender bestaan, beoefen het nie. Soos voorheen gesê, het Wicca maar feitlik min tot niks in gemeen met dié oer-godsdienste nie.

Die punt in tyd waar Wicca stoom begin optel het was in 1941, toe Dr. Gerald Gardner die roman ”A Goddess Arrives” publiseer. Dit vind plaas in die tyd van antieke Siprus en besing die heerlikheid en wonder van die antieke heidendom en die godelikheid van die vroulike geslag daarin. Nog ‘n roman het in 1949 gevolg; “High Magic’s Aid” wat klaar sy fiksionele siening van geskiedenis en “antieke” rituele uitgebeeld het wat lateraa in sy dan ongepubliseerde boek “ Book of Shadows” (geskrewe 1949-1961) gevind kan word – deesdae gesien as een van die belangrikste en mees veranderde tekste in die Wicca geloof. Gardner se uiteensetting van die “tradisionele” rituele en sy “geskiedenis” van Wicca, soos geopenbaar in sy boeke, is afkomstig van twee baie verskillende bronne af – Die towerkunste kom van die magiese praktyke van Ordo Templi Orientis “Orde van die Asiatiese Templars” (‘n vertakking van die Golden Dawn wat hul praktyke gebaseer het op ‘n mengsel van die laat-Middeleeuse grimoires, die praktyke van Vrymesselaars sowel as suiwere verbeelding.) Die rituele is van dieselfde bronne afkomstig nl. die gebonde en blinddoek inisiasie, die simboliese geseling, die seremoniële fokus van ‘n sirkel en altaar, die gebruik van pentagramme en driehoeke, die appèl aan die voogde van die vier kardinale punte van die kompas, die gebruik van wierook en water, die idee dat die goddelike magte in een van die selebrants sit, sowel as die gebruik van simboliese swaarde en twee dolke, een swart en een wit.

Hierdie is nie ware oer-geloofspraktyke nie en kan dus alleen gesien word as ‘n nuut-geskepde variasie van heidendom.

Nog ‘n groot, aparte bydrae tot die verwarring rondom Wicca is in 1944 begin deur een van die grootste moderne Engelse digters en historiese romanskrywers, Robert Graves. Hy skryf die “White Goddess” om sy eie godsdienstige oortyding en persoonlike mythos te vergesel, gebaseer op ‘n mengsel van Keltiese en Grieks-Romeinse letterkunde sowel as die ryke fonds van sy eie kreatiewe verbeelding. Die gevolg hiervan was wat nou gesien kan word as ‘n volgehoue metafoor, ‘n visie van ‘n verlede wat die skrywer vas in geglo het maar nie noodwendig op antieke waarheid baseer het nie. In hierdie boek, verlang hy so na hierdie geskepde verlede dat hy dit in ‘n letterlike waarheid omskep het.

As gevolg hiervan, is dit as geskiedenis aangeneem deur ‘n groot aantal lesers wat nie ‘n begryp het van die realiteit rondom die tydperke waaroor Graves geskryf het nie. Hy het het dus ‘n moederregtelike godsdiens geskep deur die gebruik van ‘n “Grote Kelties Moedergodin” wat geopenbaar word deur die drievoudelike aspekte van die Maagd/Meisie (“Maiden”), Moeder (“Mother”) en Ou-vrou/Ouma (“Crone”). Hierdie drie-voud Godin is nogsteeds aan Wiccans voorgegee as gegrond op historiese feit, saam die “Keltiese Boom Kalender” wat hy ook geskep het. Graves het ook beweer dat alle godinne met die maan geassosieer kan word, terwyl daar geen historiese rekords is van hierdie tema in enige oorlewende heiden-leesmateriaal nie.

Ander bronne vir Gardner se konteks van Wicca, was die werk van skrywers wat beweer het dat daar ‘n voortbestaan was van ‘n antieke heks-kultus regdeur die Middeleeue wat toe uiteindelik gelei het na die Groot Heksejagte toe – die politiek rondom die heksejagte van die Middeleeue was toe nog nie bekend nie en die verkeerde afleidings was toe gemaak. Gardner het ook van Margret Murray se boek; ” The Witch Cult in Western Europe ” geleen vir Wicca, veral die term ”Ou Geloof”, die horings-god en godin, “covens” vir organisasie van groepe en die idee dat alle antieke godsdienste hulself hoofsaaklik bekommer het met vrugbaarheid. Van Charles Godfrey Leland leen hy die idee (sonder enige historiese bewyse) dat antieke heidene en hekse hul rituele naak uitgevoer het. Van die Engelse folks-tradisies het hy die term en tradisie vir die huwelik nl. “Handfasting” sowel as oor ‘n vuur te spring, geleen.

As die sleutelteks van sy seremonies, het Gardner en sy groep gebruik maak van sy “Book of Shadows” wat hy beweer het afkomstig was vanaf ’n oorspronklike sestiende eeuse teks oor heksery, maar wat deur moderne literêre studie uituindelik bewys was as ‘n hedendaagse skepsel. Dit het ook van ‘n merkwaardige verskeidenheid van bronne gebruik gemaak, insluitend die Aradia, of “Evangelie van die Hekse” (1899) deur Charles Godfrey Leland, die skryfwerk van die seremoniële towenaar Alistair Crowley, en ‘n gedig deur Rudyard Kipling!

Van die magte wat hul oproep, sluit in Hebreeuse geeste uit die Middeleeuse grimoires (vertaal deur Mathers), Egiptiese gode vanuit vertaalde hiëroglief inskripsies (oorspronklik gebruik deur die Golden Dawn) sowel as ‘n paar Griekse en Romeinse godinne en gode, sommige aspekte van Keltiese mitologie en Middeleeuse romanse, sowel as Leland se fiktiewe skepping; Aradia. Sommige van Gardner se Wicca-praktyke het hy bloot net opgemaak, soos die vyf vou kus op inisiasie, die insluiting van die vieringe van die kwartaal dae in hul geestelike kalender – geïdentifiseer as groot hekse-feeste deur Margret Murray).

Saam-saam het hierdie figure waarskynlik die mees eklektiese godsdiens in die geskiedenis van die wêreld geskep.

Die Wiccan ideaal dat alle menslike beskawings op een-of-ander tyd eksklusief deur vroue gelei was, was gewild gemaak in radikale sirkels in die 1960′s. Veral deur die boeke van Elizabeth Davis, Helen Diner en Robert Graves. Al hierdie skrywers het hul “feitlike” inligting verkry vanaf “Das Mutterrecht” (Die Matriarchie) geskryf deur Johann Jakob Bachofen in 1861. Bachofen het sy data gebaseer op antieke Griekse bronne soos Herodotus, en die teorie en argument bevorder dat alle menslike beskawings ‘n era gehad het waarin vroue regeer het. Die enigste werklike ontwikkeling in hierdie teorie oor die volgende 120 jaar vir teoretiese moederregtelike samelewing was dat dit as ‘n ramp vir al daardie kulture uitgedraai het. Maar omdat Helen Diner voorgestel het dat dit goed was vir die vroulike geslag, het haar opvolgers verkondig dat dit sekerlik dus wonderlik moes wees vir die mensdom en vir die planeet as ‘n geheel.

In die tussentyd, het dieselfde impuls van ondervraging wat die 1960′s gekenmerk het, nie net gelei tot kontemporêre feminisme nie maar ook tot ondersoek van die akademiese ortodoksie rondom die bronne waarop Bachofen van staat gemaak het met betrekking tot die moedergodin deur geleerdes in antropologie en ander wetenskappe. Hierdie geleerdes het baie meer inligting tot hul beskikking gehad as wat die Grieke oor geskryf het, sowel as die motiverings van die antieke skrywers soos Dio Cassius en Herodotus, wat Bachofen nie in 1861 gehad het nie. Die kumulatiewe effek van al hierdie nuwe materiaal wat deur antropologiese, argeologiese en letterkundige studies geanaliseer was, was dat ‘n oortuigende argument vir die bestaan van enige moederregtelike, matrilineêre – of matrifokale volke in Europa of die Nabye Ooste vernietig was of verdwyn het.

Die kombinasie van Bachofen se teorie (wat nou gekelder was deur nuwe ondersoek) met moderne Wicca was uiteindelik uiters potent gewees. Teen die laat 1970′s het radikale feministe in die VSA hoog en lag voortgeset dat Wicca en heksery, godin aanbidding en ‘n vrou se regte intrinsiek vermeng was. Hulle het dus uitgebeeld dat die antieke voor-Christelike godsdienste gesentreer was op die aanbidding van Godinne, en die groot heksejagte van die Middeleeue ‘n doelbewuste aanval op beide feminisme was sowel as op die Heidendom. Gedurende die 1970′s en 80′s het Wicca selfs meer eklekties geraak. Ongelukkig was hierdie uibreiding nie as gevolg van nuwe verrykte ondersoek van die outentieke godsdienstige praktyke van die verlede nie, maar eerder ‘n sywaartse vergroting van hul repertoire deur die opname, samesmelding en absorbsie van ander diverse en teenstrydige tradisies van godsdiens, geloof, magie en kultuur van rondom die wêreld. Vanaf die “Earth Mysteries” en Amerinde (Amerikaanse inboorlinge nl. Die Rooi Indiaan) was die idees van Ley Lines, aarde-energie, totem diere, geestes-wandeling, medisyne wiele, “sweat-lodges” en sjamaniese visioene tot Wicca gevoeg. Vanaf Oosterse gelowe kom die meditatiewe tegnieke, mandalas, chakras en die derde oog. Al hierdie was in verskillende grade en verskillende verhoudings tot die oorspronklike Wicca van Gardner gevoeg.

Maar die grootste invloed van alles was uitgeoefen deur radikale Amerikaanse feminisme. In die vroeë dekades van Wicca, was die horings-god (Cernunnos) min of meer gelyk aan die godin, maar deur die 1980′s was hy omskep tot die “junior” vennoot in die alliansie, as ‘n eenvoudige metgesel en selfs as haar seun! Vir moderne Wiccans het hierdie ideologie nog ‘n uitstekende rede gegee om bewyse van patriargale of magsdelende (dele van die mag tussen die geslagte) godsdienste en kulture, te ignoreer – veral soos Keltiese herkonstruksionele heidenisme en Asetrou, en om hulself te oortuig om verder op ‘n geloof te bou wat gebaseer is op ‘n ywerse geskiedkundige sprokiesverhaal in plaas van geskiedkundige werklikheid. As gevolg daarvan het hul hulself maar toegerus met ‘n intense morele ywer sowel as ‘n tendens om martelaars te wees. Dit het gelei tot die vorming van Wicca soos ons dit vandag ken; ‘n diverse wêrelds-godsdiens wat min ooreenkomste het met die ware antieke heiden-gelowe van die Germaanse en Keltiese mense van voor-Christelike Europa nie.

Dit word waargeneem dat Wicca ‘n beweging is wat eintlik op ‘n geslote sisteem van geloof staatmaak, in teenstelling met herkonstruksionele stelsels van geloof soos Asetrou. Vanaf die 1970′s kan gesien word dat die bibliografieë wat in boeke oor Wicca vasgeheg was, werke deur “gevestigde” geleerdes en skrywers in die Wicca gemeenskap was, sowel as deur mense met hul eie oortuigings en idees oor die onderwerp – met min sekulere of geskiedkundige bronne. Dit lei tot ‘n geslote stelsel waar hul as sulks net vir mekaar skryf en net vir mekaar se boeke lees. Dit word ook waargeneem dat hul maan omgee oor die geweldige uitstorting van nuwe akademiese publikasies wat werklik relevant is tot hulle belange, veral soos onlangse werke oor die waarheid van die Groot heksejagte en outentieke antieke heidendom.

Asetrou sien enige nuwe akademiese en wetenskaplike inligting wat gevind kan word as ‘n bate, wanneer jy na ‘n vergadering van heidene kom sal jy vinnig vind dit daar openlik gedebatteer word oor die aard van heidenisme en oor watter informasie daaroor beskikbaar is. Ons glo dat die sekulêre kennis en akademiese onderrig is van die uiterste belang en moet deur elke ernstige heiden ondersoek word. As jy ‘n ryke kennis besit en jy het vrae, dan móét jou vrae gevra word as jy jouself en mede-heidenne se kennis wil bevorder.

‘n Heiden altar.

Glo julle dat die Gode an magte van heiden geloofstelsels die enigste ware enes is?  Verwerp jul nie ander godsdienste as vals soos ander meer hoofstroom gelowe nie?

Nee. Heidene, as ‘n reël, wil nie hê dat die hele wêreld moet bekeer tot ons geloof nie – hoofsaaklik omdat ons dit nie sien as die “een regte en ware” geloof vir almal nie.

As heidene buite Asetrou vir, byvoorbeeld; Diana of Cernunnos wil aanbid of, as ‘n Christen Christen wil bly, is dit heeltemal aanvaarbaar. Die oer-hediene het oor die algemeen anderste gelowe nie verkleineer nie, en het rustig voortgegaan met hul lewens solank hul toegelaat was om self in vrede aan te leef. In die laat Viking-tydperk (vroeë Middeleeue) was die houding teenoor buitelandse godsdienste soos Islam en Christenskap: “Jul glo vas aan jul gode, en ons glo vas aan ons s’n”. Hul het self spasie gemaak vir die ander gelowe in hul kampe en gemeenskappe as ‘n teken van respek – iets wat nou in hierdie “beskaafde” tye op mense forseer moet word.

Hierdie houding het in die moderne heiden-herlewing oorleef.

Walkure.

Ek het opgemerk dat vele heidene towerkunste beoefen, veral met die runen.  Is dit ‘n vereiste van heiden wees?

Towerkuns is ‘n ware en aanvaarbare aspek van ons geloof. Ons sien ook dat vele mense vir Asetrou vind deur ‘n belangstelling met die runen. Dit beteken egter nie dat dit van alle heidene verwag word om hierdie towerkunste te bestudeer nie. Die towerkunste speel nie so ‘n sterk rol in Asetrou soos dit in ander geloof-stelsels nl. soos Wicca speel nie. Indien dit wel beoefen word, dan is dit in die individuele privaatheid tussen iemand wat dit wel praktiseer en die ene wat die konsultasie gesoek het. Diegene wat Asetrou-spesifieke towerkuns beoefen, veral soos die runen, sonder ‘n diepe kennis en aanleiding in Asetrou tradisie, geskiedenis en die konteks waarin dit geskep was nie, speel maar net daarmee en is nie ‘n ware heiden nie.

Heidense lente-offerhande.

Is Asetrou ‘n “natuurs-godsdiens”?  Indien so, beteken dit dat jul werklik die aarde, die bome, endiesmeer as gode aanbid?

Heidene glo dat die natuurlike wêreld wel heilig en lewend is.

Die son, maan en aarde is selfs as gode/godinne verpersoonlik, maar daar is ook die plaaslike aardesgeeste soos dwerge, elwe en landvaettir (landsgeeste) wat invloed het op die menslike wêreld. Maar “natuur” in daardie sin is slegs ‘n deel van Asetrou, die gode is nie meer een-dimensioneel as wat ons is nie. Thor, byvoorbeeld, kan ‘n donder- en stormsgod wees, maar hy is ook ‘n beskermer van die mens en die sosiale orde. Frey kan ‘n vrugbaarheidsfiguur wees, maar hy is ook ‘n God van vrede en koningskap. Mense is net soveel ‘n deel van die “kultuur” as hulle van die “natuur” is – hoekom sou die gode dan anders wees? In ander woorde, nee; ons het wel groot respek vir die aarde en glo dat sinlose vernietiging van die natuur kwaadsoekend is.

Krygers staan reg vir aksie.

Hoekom kies jul om die Germaanse / Noorse gode te aanbid?  Is hulle maar nie net aspekte van ‘n universele geheel of selfs van die dienaars self nie?

Dit is ons oer-erfenis – ‘n erfenis van trots en deursettingsvermoe wat tot in die moderne tyd raakgesien kan word. Dit is ons erfenis. Sommige godsdienste stel voor dat alle gode eintlik maar net aspekte is van ‘n enkele god; Asetrou, wat ‘n ware politïestiese geloofstelsel is, glo nie so nie. Die gode is verskillend en individueel van mekaar en bestaan onafhanklik van hul aanbidders se gedagtes. ’n Hindoe kan sekerlik Odin aanskou as ‘n uitbeelding van die Brahman, ‘n Wiccan kan hom as ‘n aspek van die horings-god sien, en ‘n Jungiaanse sielkundige kan hom sekerlik identifiseer as ‘n Noorse-weergawe van die wyse ou man argetipe. Maar vir ‘n heiden is Odin niks meer en niks minder as Odin nie: so uniek en individueel soos sy volgelinge, en nie as deel of aspek van enige ander groter god nie, en beslis nie ‘n aspek van sy dienaars nie.

Heiden vroumense.

Die historiese tekste toon wel ‘n duidelike inslag na manlike gode en helde.  Is Asetrou dus nie seksisties nie?

Die Germaanse stamme was nie meer patriargaal of seksisties as enige ander voor-Christelike gemeenskappe in Europa nie – maar is wel baie minder gefokus op geslagsrolle as Jadaeo-Christense geloof en Islam. Sterk, onafhanklike vroue, heldinne en godinne verskyn gereeld in die oorlewende oorvertellings en hul was geprys vir hul standvastigheid en onroerbaarheid, al is daar meer voorbeelde van die manlike helde ne gode beskikbaar. Daar is bewyse dat sekere stamme ‘n paar moederregtelike en godin-gesentreerde groepe gehad het – maar vele vroee geleerdes het hierdie belangrikheid erg geromantiseer in die manier dat godin-aanbidders heeltemal rustig was, en dat die god-aanbidders heeltemal gewelddadig was. Antieke Germaanse godsdiens het nie een geslag bo oor die ander geplaas nie, behalwe in ‘n werk-aspek, en die moderne heidense herlewing verseker dat dit so aanhou. Vrouens was nie net daar om na die huise en kinders te versorg nie, maar hul kon selfs leraars, krygers en gemeenskapsleiers word as hul genoeg inklinasie daartot getoon het .

Vir heidene is dit nie jou geslag wat jou karakter bepaal nie, maar jou dade. Die vrouens van heiden-Europa het baie meer vryhede gehad as die van ander voor- en na-Christelike kulture deurdat hul as gelykes gesien was en het in die geestelike, politiese en plaaslikle arenas hul stemme dik gemaak. Ons vroulike voorouers (dísir) vorm ook ‘n spesiale deel van ons heidense geloofs struktuur.

Krygers.

Blykbaar het die Amerikaanse regering Noorse en Asetrou simbole en tattoos met rassistiese tronkbendes verbind. En wat van die Nazis? Van hulle het beweer dat hul in die Noorse en Germaanse gode geglo het en hul het veral heidense simbole gebruik as deel van hul politieke agenda. Is Asetrou dus nie van aard rassisties, anti-Semities, geweldadig of fascisties nie?

Die fondse van informasie wat ons het oor die antieke germaanses toon geen rasse-haat of skeiding volgens ras nie, maar wel menging met verskillene kulture wêreldwyd – so die antwoord is ‘n dawerende NEE!

Diegene wat rasse-ideologie kampioeneer en vas daarby hou dat rasse-haat en Asetrou van nature saam-saam loop, was klaar rassiste voordat hulle Asetrou ontdek het en nou gebruik hulle ons oer-erfenis om hul ideologie op ‘n nuwe front te bevorder. Hulle werk vanaf verouderde teoretiese skrifte deur nationalistiese Europese negentiende- en vroeë twintigste eeuse skrywers wat voorlopers was van Nazi-ideologie – en nie op die eintlike antieke informasie nie.

Ons Europese kulturele erfenis is uiters oud, en ons, nes enige ander kultuur oor die wêreld, moet trots wees daarop. Maar die idee dat ons behoort aan ‘n “wit ras” is ‘n onlangse skepping en is nie waardig van ons trots nie – ons is wel wie ons is. Mense moet leer om te onderskei tussen kultuur, wat nie geneties is nie, en biologiese eienskappe, wat wel geneties is. As heidenskap en Asetrou op sigself geneties geërf was soos biologiese eienskappe, sou die bekering na Christenskap onmoontlik wees en herlewing totaal onnodig wees. Mense moet onthou dat Hitler ‘n toegewyde Katoliek was en neergekyk het op sy vennote wat in sy eie woorde “pantomiem gespeel” het. Hy self en die hoof proponente van die Nazi-appartus het nooit werklik geglo in enige van die Germaanse gode nie en het ‘n sterke verhouding gehad met die Katolieke Kerk in Rome, maar hul het wel vas geglo in die gebruik van enige en alle informasie om hul eie doeleindes te bevorder.

Die Germaanse simboliek was so doeltreffend gewees omdat dit hoofsaaklik gebruik was as propoganda om nasionalistiese gevoelens onder die onderdrukte massas te skep – en boonop, was die betekenis daarvan verdraai tot iets heeltemal anders as wat die heidense stamme sou erken of aanvaar het. Hul oortuigings was soortgelyk aan dié van die sogenaamde “Christian Identity” groepe in die VSA, ekstremiste wat ‘n verwronge interpretasie van tekste gebruik om rassisme en manlike dominansie te regverdig. Hierdie ekstremiste wat ‘n groot verteenwoordigheid het in tronke in die VSA – bekend as Wotaniste of aanhangers van; “Holy Nation of Odin” is in die minderheid en verteenwoordig nie die hele spektrum van Asetroues / Heidene nie. Net soos die Kruistogte en Christian Identity nie verteenwoordigend van alle Christene is nie, en Al-Kaïda en Al-Shabbab nie verteenwoordigend is van alle Moslems is nie. Ons is nie gewelddadig van aard nie, maar ons bevorder wel selfverdediging in alle opsigte sowel as die gebruik van gereguleerde gevegs-toernoeie sowel as ons natuurlike mededingendheid om geskille by te lê as diplomasie gevaal het. Ons propageer nie doellose geweld teen mekaar of ander mense nie.

‘nAanpassing van die “Wiking-gebed” van die film “13th Warrior”.

Indien Asetrou en/of heidenskap die beste geloof vir ons as mense van Europese herkoms is, hoekom het dit toe amper verdwyn?

Asetrou en alle nie-Christelike gelowe in Europa is oor ‘n lang tydperk blootgestel aan ‘n gewelddadige en doelgerugte veldtog van onderdrukking. Talle duisende mense was vermoor, vermink, verplaas en in die proses was die geloof van hul voorvaders verban. Uiteindelik, het die monolitiese organisasie en militêre magsrykheid van die Christelike kerk, deur middel van dreigemente van ekonomiese isolasie en bygestaan deur ‘n energieke propaganda veldtog, geseëvier oor die heidense stamme van Europa. Maar Rome kon dit nie net daar laat nie, so wat hul gedoen het om bekering makliker te maak vir die onderdrukde massas, was om heidense-tradisies met Christelike tradisies in te lyf – dikwels in die dekmantel van veeste en vakansie-dae nl. Eostre – Paasvees, Yule – Kersfees, Lentedag, die term; “Hel”, ens. Dit het ook oorgedra na die dae van die week – wat wel bewyse is daarvan dat ons eie inheemse godsdiens ons terugroep op ‘n fundamentele manier. Nou, ‘n duisend jaar na die sogenaamde ondergang van heidenisme, styg dit weer vanuit die asse. Trouens, solank as daar Europeërs is, kan dit nie regtig uitsterf nie – heidenisme spruit vanuit die siel van ons volk en kan net vir ‘n beperkde tyd onderdruk word. Dit is nie net wat ons glo nie, dit is wat ons is – ons is heidene en trots daarop.

Wat van ander vertakkings van Asetrou/heidenisme? Is Odinisme nie net ‘n ander naam vir dieselfde godsdiens nie? Wat van Wotanisme, soos jy voorheen gesê het, is Wotanisme maar nie net die rassistiese weergawe van jul geloof nie?

Dit hang af. Germaanse heidene in Engeland en Europa gebruik die terme; Odinisme en Asetrou as uitruilbare sinonieme, maar in die VSA en ander lande word Odinisme oor die algemeen vermy want dit impliseer dat Odin altyd en vir alle mense die middelpunt van aandag is, waar historiese tekste bewys dat dit net nie so was in die antieke tye nie aangesien dit ‘n politeïstiese geloofstelsel van aard was/is.

Daar is wel bewyse dat daar beperkte plaaslike kultusse was vir spesifieke gode. Vele heidene fokus wel op ander gode, en nog ander glo dat om een god bo ander enes te aanbid wel kleingeestig is.

Wotanisme word dikwels verwys na as die ras-sentriese interpretasie van Odinistiese geloof wat begin is deur Amerikaanse wit-nasionalis David Lane en sy makkers. Vir hulle beteken WOTAN (Odin se Gotiese naam) die volgende; “Will Of The Aryan Nation” en daar is oor die algemeen ‘n klem op wit-rasse oorheersing, rassehaat, bloed reinheid (‘n dwaling op sy eie vir mense wat genetika bestudeer het) en Nasionale Sosialistiese (Nazi) denke, selfs al is daar geen historiese basis vir hierdie ideologie in die tekste en sagas nie.

Wotanisme (veral in die VSA) is verskillend van, en selfs antagonisties teenoor wyer heidenisme en ander Asetrou verdelings – waar hul ander heidenne aanskou as rasse-verraaiers. Op sy beurt, het baie heidene en Odiniste hierdie poging om ons ou volksgeloof oor te neem vir politieke doeleindes, verwerp.

Maar skaars, min en vêr kan Wotaniste gevind word wat hierdie marteling van ons volksgeloof ook verwerp – Ek het die plesier gehad om ‘n paar van hulle te ontmoet.

Die Nornen besig om die web van wyrd te weef.

Hoe letterlik neem jul die mites, legendes en sagas?  Byvoorbeeld, glo jy werklik dat ‘n groot, rooi-bebaarde man met ‘n massiewe hamer ‘n wa deur die ruimte ry wanneer dit storm?

Aan die een kant, glo ons beslis dat die gode werklik bestaan en sekere eienskappe besit en dat hulle mag het oor die wêreld. Aan die ander kant erken ons dat, net soos ander gelowe, hierdie stories en lesse baie simboliese taal besit: mense het vir Thor beskryf as ‘n groot, rooi-bebaarde man met ‘n hamer, want dit was vir hulle die beste manier van verstaan. As voorbeeld; Hoeveel Christene glo, na alles, dat hulle werklike skape is met Jesus as hul werklike herder? So aanvaar hul steeds dat Jesus bestaan en dat hy oor sy volgelinge sorg.

Die Gode, Godinne en ander belangrike wesens in Asetrou.

Ek het gelees dat die antieke heidene diere en selfs mense as deel van hul godsdiens opgeoffer het.  Is dit nog steeds deel van moderne Asetrou?

Menslike offerande is beslis nie deel van moderne heidense praktyk nie en enigeiemand wat anders sê praat bog!

Sommige groepe doen steeds diere offerandes, maar hierdie groepe is geneig om in gebiede te woon waar plaasdiere of wild maklik beskikbaar is vir voedsel of vir velle en wat in elk geval geslag sou word. Hul sien die offer as ‘n belangrike deel van hul godsdiens, so erken hulle dat die maaltyd vanaf ‘n lewende wese afkom en dus die dier se dood verheilig aan die gode, geeste of voorouers. In ander kulture waar diere opgeoffer word, word die hele aanbieding deur ‘n vuur verorber, maar die Germaanse weergawe is ‘n heilige maaltyd: die eetbare dele is geseën en gedeel tussen die dienaars, en die res word gebruik vir leerwerk, kompos ens. Die onbruikbare gedeeltes word dan soos na enige ander maaltyd, weggegooi.

Wat gebeur in die heidense hiernamaals?  Het die Noorse nie geglo dat slegs gevalle krygers saam met Odin in die hiernamaals sal wees nie? Word almal anders dan gedoem om op te eindig in die koue uitspansel van die Hel?  Indien nie dan hoe dan?

Die idee van ‘n “óf/ieder” hiernamaals (een plek goed, een plek sleg, en geen ander moontlike bestemming) is algemeen in die Midde-Ooste Abrahamitiese gelowe soos Islam, Christenskap en Zoroastrisme maar nie so in natiewe Europese geloof nie. Mense moet ook bewus wees dat Valhalla nie alleenlik gereserveer is vir Odin se uitverkore krygers nie, en dat Valhalla nie die enigste heilige woning in Asgard is nie. Mense vergeet dat helfte van die gestorwe krygers bestem is vir Freya se kuierplek; Volkvangr. Die ander gode het ook hul eie wonings, en daar is bewyse in tekste vanuit die antieke tydperk dat die dooies wel kon opeindig met ander gode en godinne as Odin en Freya.

Kom ons kyk gou na die Germaanse idée van die Hel; die verskriklike beelde daarvan gegee in Snorri Sturlusson se prosa Edda is heel moontlik beïnvloed deur die beskrywings van die onderwêreld in nie-Germaanse godsdienste – nl. Christenskap en Grieks-Romeinse antiekheid of beide. Snorri was, na alles, wel ‘n Christen met ‘n klassieke onderwys en hy het ten minste 100 jaar na Ysland na Christenskap bekeer het, gelewe. Ander bronne, veral van die Eddaïese gedig; “Baldr se Drome” en ‘n paar oorlewende volksverhale van hedendaagse Duitsland lê klem daarop dat Hel maar ‘n rustige en stil plek is waar die dooies kon rus, en nie ‘n plek is van ewige marteling of hartseer is nie.

Slegs een oorlewende gedig, noem ‘n hiernamaals van marteling as deel van die Germaanse geloof – dié gedig beskryf Nastrand; Die Strand van die Dooies, as ‘n aparte plek van Hel. Hierdie dorre en onaangename kuslyn was waar die oneerbare dooies soos moordenaars, eed-brekers, diewe, mense wat lieg om ander te mislei ens. opgeeindig het – met ander woorde, die “Plek van Swakheid” is dus gereserveer vir mense wat gruwelike misdade pleeg en wie hulself en hul eer nie kon red in die oë van die gode, hul gemeenskap en familie nie.

Dit beteken basies dat heidenisme nie gesien moet word as ‘n godsdiens vir krygers alleen nie, en dat mense wat nie kan sterf in ‘n geveg nie, nie “gedoem” moet voel omdat hul Valhalla gaan mis nie, want daar is baie ander wonderlike sale en wonings in die hiernamaals.

Reg, soos ek dit verstaan – hoef ek nie ‘n kryger of ‘n towenaar te wees om Asetrou / Heidenisme te beoefen nie, solank ek niks aaklig genoeg gedoen het om my in Nastrand te bevind nie.  Beteken dit dan dat ek kan maak soos ek wil, solank as wat ek in die Germaanse gode glo?

NEE! Dit kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie! Daar is nie ‘n kwessie van outomatiese vergifnis deur eenvoudige geloof nie, geloof alleen waarborg jou absoluut niks. Die Germaanse stamme het vas geglo in wat reg en wat verkeerd is, en dat al ‘n mens se dade gevolge gehad het – dikwels noodlottig. Selfs die gode is beperk en het foute gemaak – en selfs die gode moes die prys te betaal vir hul foute. As heidene, tree ons ede binne om ons mense en familie te eer in al ons dade. As daardie eed gebreek word, dan verloor ons ons eer en die respek wat ons verdien het van ons medemense. Heidene lewe deur die Nege Edele Deugde, geblink van die volksgeskiedenis: Moed, Waarheid, Eer, Getrouheid, Dissipline, Gasvryheid, Selfstandigheid, Ywer en Deursettingsvermoë. Ons gemeenskap hou ons nie alleenlik verantwoordelik nie, maar ook ons gode, godinne, voorouers en ons familie.

Die mitiese tekste wat oorleef het, wys vir ons dat die gode nie heeltemal goed of sleg is nie, en ook nie dat die geringste fout tot ewige marteling lei nie. Hulle leer ons van die waarde van eer, ‘n goeie reputasie en harde werk: ‘n persoon (of ‘n god) word op hul dade beoordeel, nie net hulle woorde of oortuigings nie.

U het sekere standaarde van gedrag in Asatru voorheen genoem, wat kan dan van ‘n heiden verwag word?

Behalwe die Nege Edele Deugde, geblink van die volksgeskiedenis: Moed, Waarheid, Eer, Getrouheid, Dissipline, Gasvryheid, Selfstandigheid, Ywer en Deursettingsvermoë, is daar ander eienskappe wat ons in hoë ag hou. Die mees prominent is sterkte, vreugde, vryheid, geleerdheid, lojaliteit, harde werk en realisme – om hierdie eienskappe uit te beeld in ons lewens is immers deugsaam, en ons streef daarna. Hul teenoorgestelde euwels – swakheid, huimwee, lafhartigheid, ongeletterheid, luiheid en die eenvoudige aanvaring van dogma eerder as om die werklikhede van die wêreld op te soek, en dies meer – moet vermy word.

Behoorlike gedrag in Asetrou is afkomstig vanaf die maksimalisering van die deuglike en minimalisering van euwels – hierdie gedragskode weerspieël die grootste en mees heroïese ideale van ons as ‘n volk en kultuur.

Die Nege Eudele Deugde.

Hoekom is die godsdiens van ons voorouers die beste een vir ons?

Omdat ons meer is soos ons voorvaders was en dat hul kultuur naaste was aan die ideale kultuur vir ons, as wat ander mense se kulture is. Ons het nie net hulle algemene fisiese voorkoms geërf nie, maar ook hul oorheersende geestelike, emosionele, sielkundige en geestelike eienskappe.

Ons dink en voel meer soos wat hulle gedink en gevoel het. Ons basiese behoeftes is die meeste soos hulle s’n. Die godsdiens wat die beste by hul diepste aard uitgespreek – Asetrou / Heidenisme – is ‘n geloof-stelsel van die woude, berge en die koue van Europa en is beter geskik vir ons as enige ander geloof in enige plek waar ons onsself kan en sal vind.

Die godsdienste van die droeë stof, woestyne en uitheemse lande soos Judaïsme, Islam en Christenskap is vreemd aan ons en spreek nie werklik aan ons siele nie.

Wanneer jy heiden is, het jy teruggekeer nou jou ewige tuiste, na die huis en omhelsing van jou voorouers.

IN OPSOMMING:

In die 7de eeu het die Christelike sendelinge in Friesland goed gevaar. Radbod, die heidense koning, het ingestem om die nuwe geloof te aanvaar onder toenemende ekonomiese en sosiale druk wat uitgeoefen was deur die sendelinge op sy volk. Soos die dag van sy doop nader gekruip het, het die koning een knaende twyfel uitgespreek, “Wat het geword van al my voorouers wat sonder omkeer na Christus gesterf het, sendeling?”. Vinnig en beslis het die monnik terug geantwoord, “Al jou heidense voorvaders wriemel dan sekerlik in angs en pyn in die Hel, grote Koning”.

Koning Radbod wys toe dat edele en trotse bloed nog deur sy are vloei, en het dikstem daarop gereageer; “Ek sal dan eerder saam met my eerbare voorvaders in jou hel sit, as om op te vaar na jou hemel met ‘n pak bedelaars!”.

Vir meer inligting oor Asetrou in Suid-Afrika of om in kontak te kom met mede Heidene / Asetroues – gaan na ons facebook blaaie by;

Johannesburg Heathen & Germanic Studies

SüdAnbruch Kindred – Heathen / Asatru South Africa

Of na ons forum by http://heathen.vuya.net

.

Andersins, maak gerus kontak met;

Anna: papawer@gmail.com of

Karl: karl.asatru@gmail.com

.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s